This job ad has been posted over 40 days ago...
0

applicants

Employment UITSTEKENDE GELEENTHEID MET LAE OORHOOFSE KOSTES VIR 'N ALGEMENE PRAKTISYN, PSIGIATER EN / OF DERMAT

at Van Heerden Apteek Glenstantia in Pretoria & Modimolle

UITSTEKENDE GELEENTHEID MET LAE OORHOOFSE KOSTES
VIR ‘N ALGEMENE PRAKTISYN, PSIGIATER EN / OF DERMATOLOOG

Die Van Heerden apteek groep bied ‘n uitstekende sake geleentheid vir ‘n Algemene Praktisyn, Psigiater en / of
Dermatoloog met ‘n bestaande praktyk wat ‘n nuwe perseel benodig of addisionele kapasiteit beskikbaar het.
Die geleenthede is by 2 van die apteke in Pretoria Oos en 1 apteek in Modimolle beskikbaar en die opsies is
buigbaar volgens behoefte van praktyk.
Die beoogde persele is onmiddelik beskikbaar by ons Apteke. Die oogmerk is ‘n multi-dissplinêre span waar die
pasiënt toegang het tot die dokter(s), sowel as medikasie by dieselfde punt van sorg.
Bystand met strukturele komponent sal verleen word, dit sluit in oprigting van kantore / spasie volgens unieke
praktyk behoefte. Telefoon, Internet en toerusting is u eie verantwoordelikheid.
Goeie mense verhoudinge, respek en samewerking word as grondslag vir die ooreenkoms beskou.
Die praktyk se ure moet verkieslik in ooreenstemming wees met die handelsure van die apteek, teneinde optimaal
diens te kan lewer.
‘n Formele ontmoeting tussen belangstellende partye sal gereel word waarin verdere inligting sal verskaf word.

Vir meer inligting kontak
Clarice Steenberg
083 410 0353
clarice@vhadmin.co.za



« Go back to category
Is this job ad fake? Report it!   
Recommend to a friend
Published at 16-05-2018
Viewed: 412 times